top of page

Johannes 14: Die onmoontlike word moontlik

Updated: Feb 20, 2021

Die tyd van Jesus se hemelvaart is 'n tyd van onbeperkte geleenthede. Die moontlikhede wat hierdie tye vir ons opmaak is buitengewoon goed. Ek dink nie ons besef hoe belangrik en hoe groot hemelvaart in hierdie tyd van die Corona virus is nie. Ek wil nie probeer slim wees nie maar een ding wat ek vir u kan sê, en die geskiedenis sal dit beaam, is dat hierdie tyd van die Corona virus inderdaad plaasgevind het om die grootheid en die heerlikheid van God vir ons te wys.


Die beeld van 'n gestuurde was in die tyd van die dissipels 'n bekende beeld. Daar was nie vliegtuie, vinnige treine of gemaklike luukse motors in die tyd van Jesus nie. Besigheid is gedoen deur onderdane te stuur om werk te gaan afhandel, kontrakte te sluit en besigheids-transaksies te gaan beklink. Ook natuurlik om skuld te gaan invorder. In die onderhandelinge word die gestuurde dan soos sy eienaar.

Jesus is in die gedagtes van die dissipels is 'n verteenwoordiger van iemand groter. Hulle sien hom as die gestuurde van God en as sulks is hy die verteenwoordiger, maar nie God self nie. Hy is soos die een wat hom gestuur het. Hy is tussen hulle asof God self maar God is nog steeds 'n wese wat vêr weg in die hemel sit. Hulle is hier en God is daar, verwyderd van hulle af.

Jesus moet nou aan hulle verduidelik dat dit anders is met hom. Jesus is meer hy is een in wese met die Vader. Hy is die Vader en die Vader is in Hom. Hy is God hy wat hier tussen hulle is. Die lewende almagtige God is hier tussen hulle, by hulle. Wat 'n skrikwekkende maar ook 'n heerlike wete!

Hulle kan dit egter net in geloof aanvaar want daar is geen bewyse nie, so dink hulle.

Daar is wel genoeg bewyse vir hulle, hulle kan mos sien wat gebeur het en hoe dinge verander het. Net die negatiewe energie wat die leiers van Judaisme aan Jesus spandeer het, moet klaar 'n bewys wees van die krag van Jesus se koms na die aarde. Dan was daar ook al sy werke en sy wonders.


Jesus vertel sy dissipels dat hy weggaan. Dit is vir hulle 'n groot skok want hulle het hulle alles vir Hom gegee en nou los hy hulle alleen. Jesus verduidelik vir hulle dat sy weggaan noodsaaklik is want Hy gaan om vir hulle plek voor te berei. Daarna sal Hy weer kom en hulle saam met Hom vat na die nuwe hemel en aarde.

Jesus verduidelik dan ook aan hulle dat Hy die weg is na die nuwe hemel en aarde. Hierdie konsep skep groot verwarring by sommige van sy dissipels. Die hemel en dan die koninkryk van God is so anders as ons huidige bestaan dat dit byna onmoontlik is om dit rasioneel uit te werk. Geloof is die enigste manier om deel te word van hierdie anderse soort lewe.

Al is alles baie moeilik om rasioneel te verstaan is Jesus se andersoortigheid en sy mag baie duidelik.

Geloof is die krag waardeur ons werk en hierdie anderse gebeure van die hemelvaart kan net deel van ons lewens word, deur geloof. Ons kan dit nie rasioneel probeer verstaan nie. Ons sal dit ook nie deur navorsing en eksperimente kan analaseer nie. Dit is deel van 'n ander wêreld en so buitengewoon anders is die koninkryk van God dat ons menslike breine dit nie kan baas raak nie.

Jesus sê vir sy dissipels, as julle glo sal julle groter dinge doen. Wanneer ons hierdie dinge glo dan word ons werk skielik sinvol. Dan word krississe soos die Corona virus sinvol en goed. Nou kan die Heilige Gees werk en groot dinge veroorsaak.


Die Hemelvaart is 'n nuwe begin. Die begin van 'n nuwe era.

Die geloofsoog sien die hemel oop en God wat besig is om deur sy kerk te werk soos nog nooit tevore nie.

Het u gesien dat Facebook nou onder Christene 'n Christelike platform geword het.

Die mag en moontlikhede is skielik nou onbeperk. Daar is 'n kans vir aardskuddende veranderinge in mense se lewens waar hulle Jesus sal leer ken en Hom dien en volg. Dit is 'n tyd waar God se heerlikheid gesien en erken sal word.

“Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.” (John 14:12, AFR1983)

Jesus moet juis na die vader toe gaan sodat die kerk kan groei en uitbrei. So het dit inderdaad gebeur. Nadat Jesus na die Vader toe is het die dissipels met groot vetroue en krag die wêreld stukkie vir stukkie oorwin en het mense se harte verander en het gesindhede gedraai en mense het respek vir God gekry.

Om in hierdie tyd van die Korona virus Hemelvaart te vier en later ook Pinksterdag is wonderlik want dit bring hoop op verandering. Sien hemelvaart as 'n tyd van krag en van lewe. 'n Tyd van vernuwing en toewyding en terugkeer na God. Sien u plek en taak as deel van hierdie veranderinge.

Al gaan Jesus weg met hemelvaart en bring dit 'n leemte en angs dat ons dalk alleen is. Dit is egter soveel anders. Die moontlikhede vir verandering is nou 'n werklikheid. Jesus sê julle sal groter dinge sien.

Jesus is steeds met ons en Hy leef in ons deur sy Gees. Ons ons waarlik in Hom glo sal niks sal vir ons te groot of te moeilik wees nie.

“Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur.” (Matthew 21:21, AFR1983)


6 views0 comments

Recent Posts

See All

Yorumlar

5 üzerinden 0 yıldız
Yorumlar Yüklenemedi
Teknik bir sorun oluştu. Yeniden bağlanmayı veya sayfayı yenilemeyi deneyin.
bottom of page