top of page

God se liefde is oorvloedig

Updated: Oct 15, 2020

Mattheus 22:37-38



God is 'n verhoudingswese en Hy wil in 'n verhouding met ons wees. Daarom is Hy lief vir ons ons want verhoudings werk met liefde dit is die dryfkrag om bymekaar te wil wees. En daarom oorspoel God ons met liefde want alleen so baie liefde maak die verhouding moontlik.


God se liefde vul ons geheel en al. Maak nie saak wie ons is en wat alles met ons gebeur het nie, God se liefde maak ons vol dit is oorvloedig. Dit hang ook nie af van ons gevoel of emosie nie. Dit is nie iets wat ons self tot stand kan bring nie.


Daar is geen rede dat God ons so moet liefhe nie want ons verdien dit nie Hy doen dit net sonder dat ons dit verdien. So, vriende God oorlaai ons met liefde om ons daardeur die kapasiteit te gee om ander lief te he. En wanneer ons ander liefhet word Hy sigbaar in die wereld.

7 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page