top of page

Lukas 3:21-4:13 Jesus die nuwe Adam

Updated: Feb 19, 2021

Die Here Jesus Christus se status as die Messias word bevestig en afgehandel met sy doop (Lukas 3:21-22), sy stamboom Lukas 3:23-38), en sy versoeking deur Satan (Lukas 4:1-13). Na Johannes Jesus gedoop het praat 'n stem uit die hemel en word hy die Seun van God genoem deur God die Vader self. Die Skepper God verklaar hiermee dat Jesus werklik die gestuurde, die verlosser van die wêreld is. Daarna volg die versoeking deur Satan en Jesus se vermoeë om die versoeking te weerstaan. Deur hierdie pad te loop maak Lukas vir ons duidelik dat Jesus die tweede Adam is. In die eerste Adam is ons almal gedompel in die sonde en vergiftig deur sy ongehoorsaamheid en opstand teen God (Romeine 5:18). Jesus het deur sy weerstaan van satan se versoeking


ons ingebring in 'n nuwe mensheid van triomf en oorwinning. Ons is nou in Jesus ingeplant en deur Hom het ons, ons ou glorie herwin. Ons is deel van 'n nuwe stamboom die oue is verby. Deur ingeplant te wees in die nuwe Adam, het ons die ewige lewe!


12 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page