top of page

I Timoteus 2:1-7 Die Regering, my bekommernis.

Updated: Feb 19, 2021

Swak regering en korrupte leiers is seker een van die grootste oorsake van armoede, oorlog en lyding in die wereld. Regeerders het ongelukkig te veel mag in ons moderne samelewing en meestal misbruik hulle dit. Kom ons kyk wat die Here vir ons oor hulle sê.


Ek is seker daarvan dat u op een of ander tyd in U lewe deur u aardse regering te na gekom is. Hetsy deur pure nalatigheid in terme van u veiligheid en beskerming, inkompetente amptenare, rassisme, diskriminerende  wetgewing eindelose regulasies en “red tape” of watter ander manier of optrede ookal. U loop miskien met ‘n stil haatende verset of met ‘n gebalde vuis teen hulle rond.

Al is die owerheid ongevoelig liefdeloos en ongelowig moet ons steeds vir hulle intree. Dat hulle gered word en deur God vergewe word vir wat hulle aan jou en jou geliefdes gedoen het.

Hulle is voorwerpe van die barmhartigheid van God wat tot insig van die waarheid kan en moet kom. Ons moet vir hulle intree, as’t ware soos ‘n priester vir hulle intree. Soos Jesus ook gesê het vergewe hulle vader want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Ons is almal sendelinge wat veg in die voorste linie van God se weermag, ons veg dat alle mense tot bekering en tot kennis van die waarheid sal kom. Ons bid dat God se koninkryk sal kom en ons werk mee dat God se koninkryk sal kom. So wil die Here dit hê.

Ons is lewende sendelinge, en ons kan van hierdie roeping nooit wegkom nie, ons is verteenwoordigers van die enigste middelaar tussen God en mens en daarom moet ons intree vir die owerhede.

Drie woorde word gebruik in ons gedeelte, smeking, voorbidding en danksegging. Hierdie mense (ons owerhede) is oppad hel toe, ons sien dit mos. Mense het al gesê daar is ‘n spesiale hel vir korrupte staatsampenare. Ek en jy het die opdrag om vir hulle in te tree met smeking, hande uitgestrek huilend en biddend voor die almagtige God! Red hom of haar Here want hule is in die kloue van Satan, hulle is oppad die afgrond in red hulle bring hulle tot bekering, so moet ons vir hulle bid.

Dit is ons werk, ons taak en ons opdrag, maak nie saak wat hulle aan jou gedoen het nie!

En asof Paulus ons nogeens wil oortuig sê hy dit is my (Paulus) se werk ook en daarom weet ek wat dit behels. Dit is waarvoor ek geroep is en ek will julle nooi om my te ondersteun en by my aan te sluit.

So as jy vanaand op jou knieë voor God buig om vir jou korrupte regering in te tree dan weet jy Paulus kniel langs jou en bid saam met jou. Op hierde vlak werk jy saam met die apostel Paulus, is jy en die mense om jou, in goeie geselskap.

Hierdie is nie ‘n vaderlandsgebed nie maar ‘n gebed om mense en hulle harte, mense en hulle siele mense en hulle ewige bestemming. Hierdie is nie ‘n wenslysie aan God dat ons ‘n goeie ekonomie moet hê waar ons almal werk en geld kan kry nie hier gaan dit om Jesus Christus wat mense moet aanraak soos hy Paulus aangeraak het! God will hulle red, daar is net een middelaar en daardie middelaar is Jesus Christus.

Ons moet so bid sodat ons ‘n stil lewe in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid kan leef. Sodat die koninkryk van God kan uitbrei en groei, sodat meer en meer mense kan deel word van God se koninkryk.

Met goeie regering kan armoede en werkloosheid drasties verminder word. Lyding kan ook drasties verminder word en mense kan floreer en doen wat hulle geniet.

In die moderne lewe is alles totaal anders, ons kan deelneem en ons kan stem. Ons kan praat en ons kan selfs betoog teen wat ookal ons wil. Dit is dinge wat in Paulus se tyd nie moontlik was nie. Ek dink Paulus sou ons almal oproep om deel te neem aan die politiek omdat dit so kragtig en belangrik is. In die jaar 323 het Keiser Konstantinopel onder die vaandel van die kruis begin regeer. Die Christelike godsdiens is erken gewettig en oral oor gerespekteer, Jesus het oorwin en Jesus kan en sal weer oorwin.


Bid vandag dat Jesus mense in die regering se harte sal verander, en moenie van jou stoel afval as mense in die regering een vir een verander en by Jesus uitkom nie. Wees gereed om hulle in die huisgesin van God te verwelkom, se dankie en maak plek vir hulle, dit is net ‘n kwessie van tyd.




10 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page