top of page

Psalm 37

Updated: Dec 20, 2020

Gedy en groei onder alle omstandighede


.

Inleiding

Ons woon op 'n aarde wat onveilig en gevaarlik is. Ons is vreemdelinge hier. Alles hier is net tydelik, ons eintlike plek is in die Hemel. Die Goddeloses haat die kinders van die Here en sal hard probeer om gelowiges te benadeel, seer te maak en dood te maak. Hulle wil die kinders van die Here uitroei. Hoe nou gemaak? Die Here sê, woon en werk rustig voort, dit is die enigste oplossing. Moenie kwaad word nie en moet jou nie ontstel nie.


Vind jou vreugde in die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

Leef naby aan die Here. Alles gaan oor ons verhouding met die Here. Hier gaan dit nie oor jou spesifieke vermoeë om formules uit te dink of om planne te maak nie hier gaan dit oor jou verhouding met die Here. Maak Hom die eerste en die belangrikste en dit gee vir jou alles wat jy nodig het. Gee jou hart vir die Here en laat die Here toe om jou lewe oor te neem en te beheer en te vul van hoek tot kant. Hy sal jou gee wat jou hart begeer.


Laat jou lewe aan die Here oor Hy sal sorg.

Gee jou aardse sekuriteite oor aan die Here. Dit wat jy besit sal jy behou, jy of jou nageslag sal nie gebrek ly nie. Vertrou in stilte op die Here. Al val jy, die Here help jou weer op. Die bietjie wat jy het is baie beter as die oorvloed van die goddelose. Jou sekuriteit lê by die Here, nie by die ekonomie of die politieke bestel nie. Die politieke bestel is meestal nie vir jou nie, maar teen jou. Hy sal die land vir jou gee moet jou nie bekommer nie.


Kry jammer en help.

Doen wat goed is aan alle mense. Bly weg van die kwaad af, moenie ander benadeel of skade berokken nie.


Moenie kwaad word nie. Vers 8. Laat staan die woede. Moet jou nie ontstel nie.

Die goddelose sal nie oorleef nie. Hulle bose planne sal teen hulleself draai. Hulle sal verdwyn hulle sal wegbrand soos gras in 'n veldbrand. Jy sal hulle nog eendag soek en dan is hulle net weg, Gaan ongesteurd aan met wat jy doen en floreer want die regverdiges word deur die Here gered!


3 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page