top of page

Romeine 8:5-13

Updated: Dec 20, 2020


Die Heilige Gees verander ons optrede


Die sigbare verandering wat die Heilige Gees in gelowiges bring is 'n teken van die krag waardeur God in ons lewe werk. Ons moet alhoemeer die Gees toelaat om te werk en 'n fyn aanvoeling kry vir die Gees se werk. As ons glo in Jesus, het ons die Heilige Gees en wil ons volgens die Gees lewe.


Die werk van die Gees

Die Heilige Gees rus mense toe om kreatief te wees en ingewikkelde bouwerke uit te voer so sien ons in Ex 31. Die Gees was ook in beheer van Dawid se lewe. Die Gees het ook vir Josef die insig gegee om drome uit te lê in Egipte. Die HG rus mense toe om getuienis te lewer soos met die dissipels en die eerste Christene. Dit gee ook moed om reg op te tree en met wysheid te handel in moeilike etiese vraagstukke.

'n Mens se optrede laat jou nie anders dink oor goed nie, dit is jou denke wat jou optrede verander. As 'n mens dus anders dink verander dit jou gedrag. Die Gees van God laat ons anders dink oor mekaar en hoe ons mekaar behandel. Die Heilige Gees het mense se optrede kom verander.

Dit is wat die Gees van God doen, hy maak ons nuut. Die lyding van Christus moet iets aan ons doen want daardeur is ons vernuwe. Wat help dit dat Christus 'n duisend maal moet ly en sterf maar dit doen niks aan ons nie?

1. Ons twyfel soms oor die noodsaaklikheid van verandering. Daar moet 'n sigbare verskil gemaak word en ons moet anders optree.

2. Geen kosmetiese godsdiens vir ons as Christene nie, ons kan nie van vertoon lewe nie.

3. Soms voel ons verandering is dalk nie moontlik nie, en dit is nie waar nie. Ons kan anders wees want God se Gees woon in ons.


Gee jou oor aan die Gees

Ons moet ons aan Jesus oorgee en die Gees toelaat om in ons te werk. Die oorgawe is nie maklik nie maar ons moet dit doen! Ons ken almal die vrug van die Gees in Galasiers 5 “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie.” (Galatians 5:22–26, AFR1983). So moet ons in Hierdie wêreld leef.



Slot

Jesus het gekom en gely sodat dinge harmonieus moet wees tussen ons. Daardie wonderlike paradys van volmaaktheid kry ons net as ons as Jesus se kinders anders leef in hierdie wêreld.


4 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentários

Avaliado com 0 de 5 estrelas.
Ainda sem avaliações

Adicione uma avaliação
bottom of page